Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Voor die Val" deur FERDI GREYLING
"Voor die Val" deur FERDI GREYLING [boodskap #18145] Ma, 05 Oktober 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
VOOR DIE VAL
Ferdi Greyling

In die Klein Karoo het ek geweet
dat die Swartberge elke oggend
soos kerkorrels weer uit my drome sou verrys,
en dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
uit die stof sou opstaan
om in pers vlamme teen die bome te dans.

Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
En geglo.
Heel die dag lank
het ons met fietse deur die strate gebid
en hallelujas in die sagte gras gelag.
Met pakkies Lucky Strikes
het ons skelm psalms agter die heining gerook
en met meisies onskuldig soos Post Toasties
het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.

In die ligblou lug,
wyd en glad soos 'n stil rivier,
het die tierende son elke middag laat
in die Klein Karoo
soos 'n oopgesnyde waatlemoen
ondergegaan.
En dan het die soet nag
om ons
soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
en die koel aand het sag soos water
deur die strate van die dorp gespoel.

Terwyl die saad van nog 'n heilige dag
op die sypaadjies ontkiem het.

(Opgeneem in versamelbundel
�Onherroepelijk Voorbij�
uitgegee deur
Concept - 1997 : Hilversum/Brugge/Pretoria)
Vorige onderwerp: Fragment van BOERNEEF
Volgende onderwerp: "Die Groot Trek" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 11:31:49 MGT 2024